Eurovision skors Nederland se Joost Klein

Die Nederlandse deelnemer Joost Klein is uit die Eurovision-kompetisie geskors ná ‘n vroulike lid van die produksiespan ‘n klagte ingedien het, het die Europese Uitsaaiunie gesê. Die unie, wat die geleentheid reël, het ‘n dag vroeër gesê hy ondersoek ‘n voorval waarby Klein betrokke is. Klein se liedjie “Europapa” het hom oorspronklik een van die gunstelinge gemaak voor Saterdag se eindstryd. Klein is nie toegelaat om aan Vrydag se twee repetisies deel te neem ná ’n “voorval” nie, het die organiseerder in ’n verklaring gesê.