Die Oklahoma City Thunder is die 2024-2025 NBA-kampioene nadat hulle die Indiana Pacers 103-91 in wedstryd 7 van die NBA-eindstryd in Oklahoma verslaan het. Dit is die franchise se eerste titeloorwinning sedert hulle in 2008 van Seattle na Oklahoma City verhuis het. Die NBA se mees waardevolle speler van die eindstryd, die 26-jarige Kanadees, Shai Gilgeous-Alexander sê hy is opgewonde oor die toekoms van die span.