Salarisse dryf blykbaar 10,4% kragverhoging-aansoek aan

Die Stad Windhoek het ‘n elektrisiteitstariefverhoging van 10,4 persent aan die Elektrisiteitsbeheerraad voorgestel vir die komende boekjaar. Dit sal ‘n gemiddelde verhoging van 3,03 Namibiese dollar per kilowatuur van die huidige 2,75 dollar per kilowatuur tot gevolg hê. Die stad blameer NamPower se verhoging en salarisverhogings vir die reuse-aansoek. Woordvoerder Lydia Amutenya verduidelik.