Een kind elke dag in voetganger ongeluk betrokke

Daar is kommer oor die hoeveelheid kinders wat sedert Januarie deur motors getref is. Die Motorvoertuig Ongelukkefonds sê tussen 1 Januarie en 29 Mei was 149 kinders in voetganger ongelukke betrokke. Dit verteenwoordig een kind ‘n dag. Van die totaal van 339 voetganger ongelukke, is 44 persent kinders onder die ouderdom van 19. Ouers en voogde word daaraan herinner om te verseker hulle kinders is veilig op die land se paaie.