Bring pryse af as jy tenders wil bekom

Die Tender Bulletin berig dat twee van die drie maatskappye op die kortlys vir die uitbreiding van akkommodasiefasiliteite by Unam se Katima Mulilo-kampus, gefinansier deur Duitsland se KfW Ontwikkelingsbank, van China is. Die fasiliteite is vir die departement Natuurlewebestuur en Ekotoerisme, luidens ‘n kennisgewing op die universiteit se webwerf. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nico Smit, die PDM se skadu-finansminister, vir kommentaar.