Transgender mense het nie geestesversteurings nie

Honderde betogers het opgeruk in Lima, Peru se hoofstad, om te eis dat ‘n nuwe wet wat transgender-mense beskryf as geestesversteurd, geskrap moet word. Die wet gee die gemeenskap toegang tot geestesgesondheids-dienste. Die wet, wat verlede week administratief goedgekeur is deur die regering van president Dina Boluarte, beskryf die gemeenskap as siek en versteurd. Die protesgangers sê die LGBT-gemeenskap ly nie aan enige patalogiese toestande nie.