LGBT: SPYL sê almal is gelyk en almal moet gelyk behandel word

Inwoners van 7de Laan in Otjomuise in Windhoek steier steeds van skok na die grusame moord op die 30-jarige Christof Fredricks. Hy was ‘n lid van die LGBT-gemeenskap en sy verminkte liggaam, met sy privaatdele afgesny, is die week in ‘n rivierbedding ontdek. Sy dood bring die aantal lede van die gemeenskap wat in die afgelope jaar in haatmisdade vermoor is, op ses te staan, volgens die Equal Rights beweging. Kosmos 94.1 Nuus het met Ephraim Nekongo, sekretaris van die Swapo Party-jeugliga, gepraat oor die liga se standpunt oor die moord op lede van die LGBT-gemeenskap.

Die Namibiese polisie het pas bevestig dat die verdagte wat vroeër gesoek is in verband met Fredricks se moord opgespoor en gearresteer is.