Alan Winde weer Wes-Kaap premier

Alan Winde van die DA verwelkom sy herverkiesing as premier van die Wes-Kaap vir nog ‘n termyn van vyf-jaar. Hy het 26 stemme in die geheime stemming gekry teen Muhammad Khalid Sayed van die ANC se 14. Winde het inwoners vir hulle ondersteuning en vertroue bedank en onderneem om ekonomiese groei, werkskepping en energiesekerheid voorop te stel. Hy versoek ook die samewerking van die opposisie tot voordeel van alle inwoners.