Geld dryf wild- en veediefstal aan, nie armoede nie

Altesaam vier voorvalle van veediefstal is die naweek aangemeld, luidens die polisie se naweek-misdaadverslag. Hulle is by Katima Mulilo, Otjimbingwe, en twee in Okahao gepleeg. In nog ’n voorval is twee mans in besit van ’n onwettige vuurwapen en die karkasse en velle van twee jagluiperds in die Ohangwena-streek se Okongo-kiesafdeling gevind. Kosmos 94.1 Nuus het met Rickus Spangenberg van K9 Anti-Poaching and Security gepraat vir kommentaar.