Nog ‘n minderjarige swanger na verkragting

’n 13-jarige meisie is glo deur haar neef by ’n dorpie in Omusati se Tsandi-kiesafdeling verkrag, waarna sy swanger geword het. NamPol se Omusati-misdaadondersoek-koördineerder, adjunk-kommissaris Moses Simaho, sê die voorval het vanjaar op ‘n onbekende datum plaasgevind en ‘n saak van verkragting is deur die slagoffer se 50-jarige ma geopen. “Daar word beweer dat die verdagte wat die neef van die slagoffer is en in dieselfde huis saam met die slagoffer woon, gewelddadige seksuele omgang met die minderjarige gehad en haar bevrug het,” het hy gesê. Die verdagte moet nog in hegtenis geneem word.