Privatisering van waterlewering nie wys: Schlettwein

Landbou en water-minister Calle Schlettwein sê as waterlewering geprivatiseer word, sal moontlik net ryk mense water hê. Hy het tydens ‘n paneelbespreking by die Wêreld Waterforum in Bali gepraat. Die bespreking is deur die African Development Bank en African Water Facility gereël, met die tema “innoverende finansiering en hulpbronmobilisering vir klimaatbestande water- en sanitasiebeleggings”. Schlettwein beklemtoon dat dit nie wys is om watervoorsieningsdienste te privatiseer nie, weens moontlike hoë koste wat na verbruikers oorgedra kan word. Dit sal beteken dat armer nie water sal kan bekostig nie.