Catch me a Killer word internasionale TV-reeks

‘n Boek deur die eerste vroulike sielkundige profielsamesteller in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, is in ‘n nuwe internasionale TV-reeks omskep. Die topverkoperboek getiteld, Catch Me a Killer, gee ʼn beeld van Micki Pistorius se werk om Suid-Afrika se berugste moordenaars vas te trek. Die boek word tans vir die skerm aangepas met die aktrise, Charlotte Hope, van Game of Thrones, in die rol van Micki. Die reeks sal in Pretoria en Kaapstad geskiet word en sal iewers aanstaande jaar gereed wees.