Cassingadag, Heldedag, ens., ens., waar’s Volksmoord-dag?

Namibië het Cassingadag op 4 Mei gedenk met ‘n openbare vakansiedag ter herinnering aan die mense wat op 4 Mei 1978 by die Swapo militêre opleidingskamp by Cassinga in Angola gesterf het. Namibiërs het op sosiale media gevra hoekom die Ovaherero- en Nama-mense ook nie met ‘n openbare vakansiedag onthou word om die volksmoord te herdenk nie. Dit is ‘n kwessie wat herhaaldelik in die parlement bepsreek is maar, daar was nog geen uitkoms nie. Sima Luipert, ‘n lid van die tegniese komitee van die Nama Tradisionele Leiersvereniging, het haar reaksie op die kommentaar oor die omstrede kwessie aan Kosmos 94.1 Nuus gegee.