Cassia loods presidensiële veldtog al kan sy nie staan

Cassia Sharpley, die 2022 Mej. Namibië, het toe soos beloof haar presidensiële veldtog geloods. Sy het vroeg in Januarie aangekondig sy wil staan vir die pos, maar die 23-jarige kan natuurlik nie voor sy 35 word, aan die verkiesing deelneem nie. Sy sê op haar potgooi Unfiltered, sy is bemoedig deur al die ondersteuning wat sy gekry het.