Brave Warriors in laaste voorbereidingswedstryd voor Ivoorkus

Die nasionale mans sokkerspan, die Brave Warriors, se voorbereidings vir die 2023 Afrikabeker-toernooi het ‘n rat opgeskuif met die span wat na Kumasi in Ghana verskuif het. Al 23 spelers is bymekaar nadat die beroepspelers van Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk verlede week by die groep aangesluit het. Die Brave Warriors speel vanaand in hul laaste voorbereidingswedstryd teen Ghana se Black Stars in die Baba Yara-stadion voordat hulle Woensdag na die Ivoorkus vlieg. Hul eerste groepwedstryd in die toernooi is geskeduleer vir volgende week Dinsdag, wanneer hulle teen Tunisië te staan kom. Die Namibiërs is in Groep E saam met Tunisië, Suid-Afrika en Mali.