Carl Niehaus weer op 22 November in die hof

Die geskorste ANC-lid Carl Niehaus sal weer op 22 November in die hof wees nadat hy vroeër vandag in die Estcourt-landdroshof in KwaZulu-Natal verskyn het. Hy is verlede maand tydens ‘n onwettige byeenkoms buite die Estcourt-tronk in hegtenis geneem. Niehaus was deel van ‘n groep betogers wat hulle ondersteuning vir oudpresident Jacob Zuma getoon het. Niehaus word daarvan aangekla dat hy Covid-regulasies oortree het. ‘n Verhoordatum sal na verwagting vasgestel word wanneer hy weer in die hof verskyn.