Carl Niehaus staan sy permanente skorsing teen

Die voormalige ANC-woordvoerder, Carl Niehaus, het beloof om sy permanente skorsing uit die party teen te staan. Die Nasionale Dissiplinêre Komitee het hom skuldig bevind aan die oortreding van Reël 25 van die party se grondwet oor uitlatings wat hy gemaak het tydens ‘n saamtrek voor oud-president Jacob Zuma se huis in Julie verlede jaar. Daar is bevind hy het die party in oneer gebring. Niehaus beskuldig die komitee daarvan dat hulle sy brief aan hom op sosiale media uitgelek het voordat dit nog aan hom gestuur is. Hy beskryf die brief as oneerbiedig en ongrondwetlik.