Ses mense in lokval in Australië doodgeskiet

Ses mense waaronder twee polisiebeamptes is in ‘n lokval in Wieambilla, Australië, doodgeskiet. Vier beamptes is na ‘n perseel in Wainsweg in Wieambilla in verband met ‘n vermeende vermiste persoon van Nieu-Suid-Wallis. Met hulle aankoms het hulle egter onder ‘n koeëlreën deurgeloop. Twee beamptes is doodgeskiet toe hulle die huis nader, een is lig gewond en die ander een kon van die perseel ontsnap. ‘n Buurman is ook deur die verdagtes doodgeskiet toe hy gaan ondersoek instel. Die polisie het drie verdagtes doodgeskiet.