Carl Niehaus in hegtenis geneem

Carl Niehaus wat Woensdag voorlopig as ANC-lid geskors is, is vandag buite die Estcourt korrektiewe sentrum in hegtenis geneem terwyl hy die media toegespreek het. Hy en ander het nie toestemming gehad om buite die tronk te vergader nie, berig Suid-Afrikaanse media.