Carl en kie sal nie vandag opruk nie

Die #FreeJacobZuma-veldtog het sy protesoptrede vandag buite die Hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgestel. Oud-president Jacob Zuma is nog in die hospitaal en sy aansoek om uitstel sal virtueel aangehoor word. Carl Niehaus van die veldtog sê die uitstel van vandag se betoging sal nie vreedsame en wettige protesaktiwiteite deur ander organisasies en groepe uitstel of beïnvloed nie. Die groepe dring aan op die onmiddellike vrylating van Zuma uit die gevangenis. Hy sê hulle sal steeds byeenkom om die geskorste sekretaris-generaal van die ANC, Ace Magashule, môre tydens sy hofverskyning te ondersteun.