Capu help mense om hul diere te steriliseer, kastreer

Die Civilian Animal Protection Unit, Capu, hou ‘n veldtog om mense te help om hul troeteldiere te steriliseer en kastreer. Altesaam 1 200 lootjiekaartjies is teen 50 Namibiese dollar beskikbaar. Groot pryse kan gewen word en die trekking vind op 29 Januarie plaas. Kaartjies is beskikbaar by Ester Kunert by Kunert Signs. Die stigter van Capu, Charne Wassefall vertel meer …