Capricorn Eagles veg moedig, maar val uit

Die Namibiese vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, het hul semi-finaal teen Zimbabwe in die uitspeelwedstryde van die IRK se Vroue T20 Wêreldbeker-kwalifiseerders verloor. Die wedstryde word in Entebbe, Uganda gespeel. Zimbabwe het die Eagles met 86 lopies geklop. Namibië se Mekelaye Mwatile (3/17 in 4 boulbeurte) het uitstekend geboul en drie paaltjies vir 17 lopies gevat in vier boulbeurte, terwyl Edelle van Zyl twee sesse en een vier in haar kolfbeurt van 23 van 20 balle geslaan het. Maar dit was nie genoeg om Zimbabwe te keer nie. Die Eagles speel later vandag teen of Tanzanië of Uganda om die derde plek in die reeks.