Capricorn Eagles klim op die ranglys

Die Namibiese vroue-krieketspan, die Capricorn Eagles, het in 12 maande nege plekke opgeskuif op die internasionale ranglys. Die span beklee nou die 17de plek nadat dit 26ste was. Die top-vrouespan is Australië. Krieket Namibië se president, dr. Rudie van Vuuren, wens die Capricorn Eagles geluk met dié prestasie.