CAN reik uit in die Suide

Die Kankervereniging van Namibië het sy nasionale uitreik-program dié week in die Hardap-streek afgeskop wat tot Vrydag duur. Die vereniging is vandag by die Sesriem-kliniek vanaf half-nege die oggend tot drie-uur die middag, terwyl hulle Donderdag vanaf half-nege die oggend tot vier-uur die middag by die Maltahöhe-gemeenskapskliniek sal wees. Vrydag vanaf half-agt die oggend tot twaalf-uur die middag kom die Kalkrand-gemeenskapskliniek aan die beurt. Vir 100 vroue sal gratis papsmeer-toetse vir servikale kanker en bors-ondersoeke vir borskanker gedoen word, en 50 mans sal gratis vir prostaatkanker getoets word. Die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen …