Calle besoek Zambezi-streek

Die Namibiese minister van landbou, Calle Schlettwein, is op ‘n streeksreis in die Zambezi-streek. Die minister het tydens hierdie besoek die geleentheid gehad om in te loer by die goewerneursforum wat in die streek aangebied is. Een van die hoogtepunte van sy reis was die besoek aan die Katima Mulilo-abattoir waar hy ingelig is oor die bedrywighede en opknapping van die abattoir. Die ministerie se woordvoerder, Jona Musheko gesels met Kosmos 94.1 Nuus.