Caldor-brand beweeg al hoe nader aan Tahoe-meer

Die Caldor-brand in die Amerikaanse deelstaat Kalifornië beweeg al hoe nader aan die Tahoe-meer. Tienduisende mense in die gewilde toeristebestemming South Lake Tahoe is opdrag gegee om die gebied te verlaat en die brand bedreig nou meer as 34 000 strukture. Meer as 400 huise is reeds in puin gelê, sê amptenare. South Lake Tahoe, wat gewoonlik uit sy nate bars met vakansiegangers, was gister ’n grys spookdorp onder ’n digte rookwolk. Meer as 53 000 mense is opdrag gegee om die gebied te verlaat.