Byna N$190 miljoen vir stokviskwota behaal

Die Namibiese ministeries van finansies en visserye het in ‘n gesamentlike mediaverklaring aangekondig dat die stokviskwota ‘n totaal van N$189,9 miljoen behaal het vir die verkoop van byna 16 metrieke ton stokvis. Volgens die ministeries is N$83,9 miljoen reeds in staatsinkomstefonds in die Bank of Namibia inbetaal en die balans van N$6 miljoen sal volgende week inbetaal word.