‘Byna kaalbas’-partytjie maak amok

Uit Moskou word berig ʼn kletsrymer wat ʼn partytjie vir beroemdes bygewoon het met net ʼn sokkie om sy skaamte te bedek, moet 15 dae agter tralies deurbring. Boonop het die borge van sommige van Rusland se bekendste vermaakkunstenaars, wat die partytjie bygewoon het, hulle kontrakte opgeskeur. President Vladimir Putin is volgens berigte ook glad nie beïndruk nie. Die “byna kaalbas”-partytjie, wat op 21 Desember by ʼn nagklub gehou is, het ʼn ongewoon vinnige en heftige reaksie ontlok.