Groen waterstof bring hoop, nie oplossing

Daar word voorsien dat Namibië se groen waterstof-inisiatiewe sowat 18 000 werksgeleenthede sal skep, beide in die konstruksie- en bedryfsfase. Die groen waterstof-kommisaris, James Mnyupe, sê die regering mik daarna om 600 000 “groen werksgeleenthede” teen 2040 te skep. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Toni Beukes, hoof van omgewing, sosiaal en bestuur by Hyphen Hydrogen Energy, wat sê hulle gaan biljoene in die land belê, maar kan nie armoede uitroei nie.