Byna 450 kinders in Kaapse noordelike voorstede is in 2021 in pleegsorg geplaas

Die kinderbeskermingsdienste-organisasie, Badisa Trio, se jongste verslag dui aan dat 447 kinders in 2021 uit hul ouerhuise in die noordelike voorstede van Kaapstad verwyder is en in pleegsorg geplaas is. ‘n Maatskaplike werker, Sjean Smit, sê die organisasie het dienste aan 248 verwaarloosde kinders gelewer, 168 mishandelde kinders en 68 gemolesteerde kinders. Die organisasie het ook 14 kinders gehelp met middel-misbruik en vier met tiener-swangerskappe. Smit sê daar is ook ‘n kritieke tekort aan pleegouers om te sorg vir kinders wat uit hul huise verwyder moet word.