Byna 10 miljoen jongmense in SA as ekonomies onaktief beskou

Die voorspraak-groep Youth Capital het weer eens sy kommer uitgespreek oor die aantal werklose jeugdiges in Suid-Afrika. Statistiek toon byna 10 miljoen jong mense in die land word as ekonomies onaktief beskou. Die organisasie se woordvoerder, Clerah Sithole, glo die sleutel is om volhoubare werksgeleenthede te skep wat die jeug op die langtermyn kan bevoordeel.