Byeenkoms vir vroue in landbou was ‘n reuse-sukses

Die vroue in landbou-konferensie het verlede week plaasgevind. Vroue is uiters belangrik vir landbou op die vasteland maar, bemagtiging is nodig. Die geleentheid het ook sakevroue wat in landbou sake bedryf, genooi om produsente te ontmoet. Die projekbestuurder by Heiress Communications wat die geleentheid gereel het, Paulina Mbango sê dit was ‘n groot sukses.