VBS Bank verloor aansoek om R100 miljoen terug te kry 

VBS Bank se aansoek om meer as 100 miljoen Suid-Afrikaanse rand terug te kry wat die Universal Service and Access Agency of South Africa hom skuld, is van die hand gewys. VBS se likwidateur, Anoosh Rooplal het Usaasa hof toe gesleep om die lening te verhaal wat deur ʼn aanlyn-bemarkingsmaatskappy, Leratadima opgeneem is om die semi-staatsinstelling van digitale dekodeerders te voorsien, as deel van die regering se Digitale Migrasieprojek. Die hooggeregshof in Johannesburg het beslis Usaasa was nie deel van die leningsooreenkoms nie en het daarvolgens dus geen verpligting teenoor Leratadima of VBS nie.