Busstaking moontlik net voor Paasfees in SA

Numsa in Suid-Afrika sê hy berei voor vir ‘n nasionale staking in die passasiersbus-sektor en dit sal waarskynlik voor die Paasnaweek begin. Die werknemers wat deur die South African Bus Employers Association en die Commuters Bus Employers Organisation verteenwoordig word, wil staak. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê die vakbond probeer sedert Januarie deur die Suid-Afrikaanse Padpassasier-bedingingsraad met die werkgewers onderhandel en het in Februarie ‘n dispuut verklaar. Hy sê die werkgewers weier om die werkers volgens hom ‘n betekenisvolle verhoging van sewe-persent te gee: