SPYL wil oorsig doen oor implementering van jeugprogramme

Die jeugliga van die Swapo-party het ‘n navorsingseenheid gestig om die doeltreffendheid van beleid wat jeug moet bemagtig te oorweeg. Die sekretaris vir inligting Moses Shikerete, sê die liga het groot kommer oor die stadige implementasie van programme in die verband. Dus, sal die liga oorsig uitvoer en verseker dat die betrokke beleid, wat geloof word, wel spoedig geïmplementeer word. Hy sê verder die liga is ontevrede met hoe internskappe vorder en ook lenings sonder kollateraal. Die veldtog om plaaslike ondersteuning vir plaaslike goedere te bevorder het volgens ook geen impak op werksgeleenthede gehad nie.