Busontploffings in Kaboel eis 12 lewens

Minstens 12 mense is Dinsdagaand dood in twee ontploffings op openbare busse in Kaboel in Afghanistan, berig internasionale media. Dit was in die westelike deel van die stad waar die Sjiïtiese minderheid woon. Hulle was al voorheen deur die Islamitiese Staat geteiken.