Busongeluk in Kenia eis 21 lewens

Minstens 21 mense is buite Nairobi, Kenia, dood en 49 beseer toe ‘n bus in ‘n botsing betrokke was kort nadat hy die grens met Uganda oorgesteek het. Die meeste van die slagoffers was Keniane en agt was van Uganda. Die busbestuurder het vermoedelik weens té hoë spoed beheer oor die voertuig verloor, waarna dit omgeslaan het. Die Ugandese regering oorweeg verskerpte maatreëls nadat die aantal ongelukke die afgelope tyd skerp gestyg het.