Burgers van EU moet aansoek doen om in Verenigde Koninkryk te bly

Burgers van die Europese Unie het tot die einde van vandag tyd om aansoek te doen om in die Verenigde Koninkryk te bly, of hulle regte te verloor. Dit is volgens die post-Brexit-reëls wat die Britse regering ingestel het. Hiervolgens word burgers van die EU en hulle families se vryheid van beweging beëindig. Hulle moet nou aansoek doen vir regstoestemming om onder die EU-skikkingskema in Brittanje te bly. Meer as 2,7 miljoen aansoekers het goedkeuring gekry om aan te bly, terwyl sowat 94 000 se aansoeke geweier is.