Ohlthaver & List rig veldhospitaal by Windhoek Sentrale Hospitaal op

Ohlthaver & List het 1,8 miljoen Namibiese dollar geskenk om ‘n 1 500 vierkante meter Covid-veldhospitaal met 70 beddens langs Windhoek Sentrale hospitaal in twee fases op te rig. Namibia Breweries Limited as deel van die O&L-groep sal ook een miljoen Namibiese dollar skenk om 63 ton mediese suurtstof te verseker. Die uitvoerende hoof van die O&L-groep, Sven Thieme, gesels met Kosmos 94.1 Nuus

Sven Thieme het ook die belangrikheid van betrokkenheid van almal beklemtoon.