Burgerlike samelewingsorganisasies voer verbete stryd teen korrupsie

Die direkteur-generaal van die Teen-korrupsie Kommissie van Namibië, Paulus Noa, het vandag die verteenwoordigers van Frankryk en Uganda verwelkom. Hulle gaan Namibië se implementering van die Verenigde Nasies se Konvensie teen Korrupsie vir die tydperk 2016 tot 2021 hersien.  Noa sê die hersiening bied ‘n geleentheid vir verbetering vir die Teen-korrupsie Kommissie. Die waarnemende uitvoerende direkteur in die Namibiese ministerie van justisie, dr. John Shimaneni, het die burgerlike samelewingsorganisasies bedank vir hul rol in die stryd teen korrupsie. Hy het veral die Instituut vir Openbare Beleidsnavorsing uitgesonder.