Burgemeester moet sê oor rioolstelsel wat reeds jare lank stukkend is

ActionSA in Gauteng het die burgemeester van die Ekurhuleni-metro, Tania Campbell, gevra om te verduidelik hoekom werk aan die onvoltooide rioolstelsels in Daveyton nog nie afgehandel is nie. Dit volg op jarelange beloftes van die stad om die werk klaar te maak. ‘n Woordvoerder van ActionSA, Siyanda Makhubo, sê die beskadigde waterpype het krake in huise veroorsaak. Hy sê dit druis in teen basiese menseregte soos in die Grondwet vervat is, soos omgewings wat skadelik vir mense se gesondheiheid is: