Buitelandse elemente meng in – Mnangagwa

Die Zimbabwiese President Emmerson Mnangagwa sê, terwyl die land die nader kom aan die verkiesings volgende jaar, is hy bekommerd oor wat hy beskryf as neigings van buitelandse sendings wat in die land bedrywig is. Mnangagwa – wat deur ‘n militêre staatsgreep in November 2017 aan bewind gekom het, sê sy regering is nie beïndruk met die  onbeskaamde belediging teen die land se soewereiniteit nie. Hy het geen besonderhede bekend gemaak nie behalwe om te sê hulle teiken die verkiesings. Behalwe dat buitelandse joernaliste in die verlede verbied is om in Zimbabwe te werk, het die land geen rekord van die deportasie van diplomate nie.