Buffalo City stel veiliheidsveldtog bekend ná taverne-tragedie

Die Buffalo City-metro in die Oos-Kaap het ‘n veldtog van stapel gestuur om die veiligheid van besoekers aan die stad se drank-afsetpunte te verseker. Dit volg ná die onlangse tragedie by ‘n taverne wat die lewens van 21 jongmense geëis het. Die munisipaliteit se woordvoerder, Samkelo Ngwenya, sê met meer as ‘n duisend afsetpunte wat by die provinsiale Drankraad geregistreer is, verskerp die metro sy pogings om weg te doen met onwettige drank-afsetpunte. Die metro sê ondernemings moet streng toegangsvereistes stel en vra vir identiteitsdokumente om drankgebruik onder die wettige ouderdom te voorkom. Ouers word ook versoek om nie hul kinders te vra om namens hulle alkohol te koop nie.