Brown geskok oor J&J-entstof uitvoere vanaf SA

Die voormalige Britse eerste minister Gordon Brown sê dis skokkend dat sowat 10 miljoen Johnson en Johnson Covid-19 inentings wat by die Aspen-fakbriek in die Oos-Kaap vervaardig is, na Europa uitgevoer gaan word. Brown sê van die 4,7-miljard eenhede van die entstof wat wêreldwyd vervaardig is, het meer as 80 persent na die rykste G20 lande gegaan. Hy sê dit was eers nadat President Cyril Ramaphosa gedreig het om alle entstof-uitvoere van Suid-Afrika af te verbied, dat Europa ingestem het dat alle toekomstige eenhede van Johnson en Johnson se entstof wat in Afrika vervaardig word, van Oktober af in Afrika kan bly.