Brockerhoff bly agter tralies, twee vas vir Etosha swartrenosters

Nampol in die Oshikoto-streek sê ‘n saak van onwettige jag is teen twee mans van 44 en 31 gemaak. Die twee het na bewering twee swartrenosters in Etosha Nasionale Park gestroop. Die voorval het Sondag by die Kameeldoring-watergat in Etosha plaasgevind. Die twee verdagtes is van Opuwo en Ongwediva. Vuurwapens, ammunisie en onbekende skerp voorwerpe is gebruik om die renosters dood te maak. Die twee karkasse en vier horings is teruggevind en die verdagtes sal môre in die Tsumeb-landdroshof verskyn. Intussen is die vermeende stroper Derick Brockerhoff en sy makker Markus Rooinasie is in die Windhoek-landdroshof borg geweier. Dit kom na hulle Donderdag met ‘n koedoe en gemsbok karkas oos van Windhoek gevang is. Hennie Brisley die voorsitter van die Windhoek-streekslandbou-unie het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.