Britte sê geld aan Oekraïne is ‘n goeie belegging

Die Verenigde Koninkryk se minister van Buitelandse Sake, David Cameron, maan die Republikeinse Party om Oekraïne met meer langafstandwapens te ondersteun en sê dis groot waarde vir geld. Hy is tans op ʼn werksbesoek aan Amerika. Die Amerikaanse senaat het Woensdag ʼn wetsontwerp vir ondersteuningshulp aan Oekraïne en Israel gekeer. Cameron sê dit sal Rusland verder terug dryf en president Vladimir Putin op die verdediging plaas as hy sien die Krim, wat wettig deel is van Oekraïne, is behoorlik onder aanval van Oekraïnse magte.