Cyril moenie gesondheidsversekering bekragtig nie

Die Wes-Kaapse premier Alan Winde sê hy sal aan president Cyril Ramaphosa skryf en aandring dat hy nie die Nasionale Gesondheidsversekeringswetsontwerp bekragtig nie. Die Nasionale Raad van Provinsies het die wetsontwerp Woensdag aanvaar. Die Wes-Kaap was die enigste van die nege provinsies wat daarteen gestem het. Winde sê soos dit tans is, skend die wetsontwerp die Gesondheidswet van 1977 en die Grondwet se voorskrifte vir Gesondheid: