Britte oorweeg spesiale wette na troeteldierdiefstal toeneem

Die Britse regering beplan om wetgewing in te stel om die diefstal van troeteldiere hok te slaan ná ‘n toename in hierdie misdaad. Die nuwe verordening, wat tronkstraf van tot vyf jaar insluit, sal deel vorm van die Wetsontwerp op Troeteldiere wat tans in die Laerhuis oorweeg word nadat die regering se troeteldier-diefstal-taakspan in September ‘n aanbeveling gemaak het. Britse media berig troeteldier-diefstal het sedert die begin van die Covid-19-pandemie toegeneem en meer as 2 000 voorvalle is verlede jaar by die Britse polisie aangemeld.