Britte bekommerd oor rose vir Valentynsdag

Romantiese Britte is bekommerd oor ‘n moontlike tekort aan rose in die land vir Valentynsdag. Dit is veroorsaak deur grensdeursoekings wat ingestel is vandat die land uit die Europese Unie onttrek het. Die Britse regering word gevra om te waarborg daar sal genoeg rose wees. Die Arbeider-parlementslid Daniel Zeichner sê mense wat die invoer van plant- en dieregesondheidprodukte hanteer, is diep bekommerd oor die situasie. Hy sê die proses van die invoer van die blom wat bekend staan as Oupa se Hoed, oftewel ‘n petunia, uit Nederland, het reeds toegeneem van 19 tot 59 stappe.