Brittanje stel sanksies teen Zimbabwiese sakeman in

Brittanje het geteikende sanksies weens beweerde korrupsie op ‘n Zimbabwiese sakeman en bondgenoot van die Zimbabwiese President, Emmerson Mnangagwa, ingestel. Kudakwashe Tagwirei is plaaslike bekend as die koningingby weens sy noue bande met regeringsbeamptes. Brittanje het gesê Tagwirei sal nie toegelaat word om na die land te reis of bankrekeninge daar te gebruik nie. Hy is deel van ‘n lys van vier topsekuriteitsbeamptes in Zimbabwe, die staatsveiligheidsminister, Owen Ncube, ingesluit teen wie sanksies in Februarie geplaas is weens beweerde menseregteskendings in 2018 and 2019. Setfree Mafudkize, ‘n politieke kommentator in Zimbabwe het gesê daar kan sleges van korrupsie in die land ontslae geraak word as die regering dit beveg. Mafukidze het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.